A photo posted by Leo Messi (@leomessi) on

“My tyd saam met die nasionale span is verby,” het die ster gesê nadat Chili sy span in die Copa America-eindstryd geklop.

“Ek het gedoen wat ek kon. Dit maak seer om nie ’n kampioen te wees nie.”

Sondag se nederlaag by die MetLife-stadion in New Jersey, Amerika was die vierde keer in nege jaar dat Argentinië ’n groot eindstryd verbrou.

Lees ook: Jy sal nie glo saam met watter superster Juan de Jongh in Brasilië ’n selfie geneem het nie!

“Ek dink op die oomblik, en het in die kleedkamer ook daaraan gedink, ek’s klaar met speel vir die nasionale span,” het hy gesê, berig The Guardian.

Sedert die begin van sy roemryke loopbaan in 2005 het die 29-jarige speler al 113 keer vir sy land uitgedraf.

“Ek het baie hard probeer, dis die vierde eindstryd waar ek nie kon wen nie. Ek het alles moontlik probeer. Dit maak my seerder as vir enigeen, maar dis duidelik dat dit my nie beskore is nie.”