Vir R120 kan jy vir twee en ’n half uur lank 6-10 week oue Labradors, Golden Retrievers en hondjies van gemengde afkoms vashou. Naas die terapeutiese waarde vir mense, stel hierdie proses eienaars in staat om vas te stel watter hondjies eendag goeie gidshonde sal uitmaak. Gereelde kontak met nuwe mense, nuwe reuke en geluide verklap heelwat van elke hondjie se temperament, en net diegene met die regte temperament kwalifiseer vir die moeilike taak van gidshond.

Jaarliks geniet sowat 10 000 mense speel- en drukkietyd met die hondjies.

Van die 250 hondjies wat jaarliks by die kampus opgelei word, word gemiddeld 100 gidshonde. Die res word verder opgelei om dwelms of bomme uit te snuffel, terapie-honde te wees of selfs net om baie gehoorsame en liefdevolle troeteldier te word.

“Ons wil hê ons gidshonde moet die beste in die wêreld wees,” verduidelik woordvoerder Ruth Lando oor die proses.

Jaarliks geniet sowat 10 000 mense speel- en drukkietyd met die hondjies.

Bronne: Huffington Post, Twitter