’n Koringslang is onlangs in ’n wegneemete-boksie op ’n vliegtuig gekry.

Passasiers wat met ’n easyJet-vlug van Israel na die Luton-lughawe in Londen op pad was, was verstom toe die polisie beveel dat ’n noodlanding uitgevoer word sodat hulle die glibberige reptiel kon verwyder.

’n Verdwaasde passassier, Rafi Addleston, het op Twitter geskryf: “Geen Samuel L. nie, maar ’n regte slang op ’n vliegtuig. Polisie op die punt om @easyJet van Tel Aviv na Luton te ontmoet.”

En ene Michael Harris het geskryf: “Pas op @LDNLutonAirport geland met @easyJet . . . Polisie op die punt om aan boord te kom om ’n ou in hegtenis te neem wat ’n slang op die vliegtuig gebring het!”

’n Woordvoerder vir easyJet het gesê: “Die skadelose slang het heeltyd in sy houer gebly en die passasiers was nie in gevaar nie. Ons het die saak by die lughawe geopper om te verstaan waarom die dier nie deur die veiligheidsmense opgemerk is nie. Die veiligheid van passasiers is altyd ons grootste prioriteit”

Grensbeheerpersoneel het die passasier toegelaat om die lughawe met sy troeteldier te verlaat.

het geskryf: “Pas op @LDNLutonAirport geland met @easyJet . . . Polisie op die punt om aan boord te kom om ’n ou in hegtenis te neem wat ’n slang op die vliegtuig gebring het!”