Sowat 4 900 huishoudings in Japan se krag is afgesny nadat ’n slang teen ’n kragpaal opgeseil het, is Donderdag berig.

Krag in die westelike stad Shimonoseki is outomaties afgesny toe ’n stroomlekkasie opgetel is, het die Kyodo News Agency beamptes van die Chugoku Electric Power Co. aangehaal.

’n Werker het ’n 1 m lange dooie slang van ’n 10 m hoë draad sien hang, het Kyodo gesê.

Die krag is laat Woensdag tussen twee en vyf keer verskeie minute onderbreek en sowat 2 000 huishoudings was vroeg Donderdag ook meer as drie uur sonder krag, het die berig gesê.