TimesLive berig die eienaar van Titan Reptiles, Mark McGill, sê die slang, Bubbles, het gisteraand die hok se skuifdeur oopgemaak en ontsnap.

Die slang is sowat 4 m lank.

Mark sê inwoners hoef nie bekommerd te wees nie.

“Bubbles is onskadelik en het nog nooit iemand seergemaak nie.”

Volgens die die DBV se Renee Rossolimos is die slang geensins aggressief nie, maar kan dit na kos begin soek wanneer dit honger raak.

“Omdat dit koud is, sal die slang nie beweeg nie. Wanneer sy liggaam eers warm is, sal hy in die afvoerpype begin beweeg.

“Mense moet liefs wegbly van die geute en kanale.”

Sy sê Bubbles se ontsnapping is nie as gevolg van die reptielwinkel se nalatigheid nie omdat ongelukke wel gebeur.

Bron: Times Live