“Ek is Paul Rosolie en ek sal die eerste mens wees wat lewend deur ’n anaconda geëet word,” het hy in ’n kort video op Twitter gesê waarin hy ’n nuwe program, Eaten Alive, bemark wat op 7 Desember op die Discovery Channel uitgesaai word.

’n Langer lokprent wat die kanaal op YouTube gesit is, wys hoe Paul ’n “pasgemaakte slangbestande pak” aantrek sodat hy kop eerste by die reuse slang kan ingaan.

“Vir nou is dit ’n lokprent en bemarkingsvideo,” het ’n woordvoerder vir die Discovery Channel Donderdag aan AFP gesê, en het bygevoeg nog besonderhede oor die program – wat die kanaal wêreldwyd sal uitsaai – sal “binnekort” uitgereik word.

Op Twitter het Paul aan sy aanhangers gesê: “As jy my ken – ek sal nooit ’n lewende wese seermaak nie. Maar julle sal #EatenAlive moet kyk om te sien wat gebeur!”

Sosiale media en webtuistes het wyd daaroor berig, maar die diereregtegroep Peta, wat vir die slang se welstand vrees, het daarop aangedring dat Discovery die program kanselleer.

“Wat hulle ook al beplan het, sal die slag die duurste prys betaal, soos diere gewoonlik doen wanneer hulle vir vermaak gebruik word,” het hulle gesê.

Groen anacondas, wat in Suid-Amerika voorkom, is van die grootste slange ter wêreld. Die een in die Eaten Alive-lokprent moes deur minstens sewe mans vasgehou word.

Vroeër vanjaar het Paul – wat sy tyd tussen New York, Indië en Peru – ’n boek, Mother of God: An Extraordinary Journey into the Uncharted Tributaries of the Western Amazon, oor sy avonture gepubliseer.

Verlede jar het hy ’n prys gewen by die Verenigde Nasies se bosforum vir sy dokumentêr An Unseen World, volgens ’n kort biografie op die uitgewer HarperCollins se webtuiste.

Maar Peta het hom as ’n “pseudo-wildkenner” afgemaak.

“Deur hierdie slang te dwing om energie te gebruik om hierdie dwaas in te sluk en moontlik weer op te bring, sal die arme dier uitput en weerhou van die energie wat dit nodig het,” het die adjunk-regsbeampte Delcianna Winders gesê.