pothole

Die vrywillige onderwyser Rosie Morrison en Alison Botha, die eienaar van die Lydenrus-gasteplaas, het onlangs foto’s op Facebook geplaas waarop Morrison in ’n resue slaggat op die R36 tussen Lydenburg en Machadodorp bad, berig Sapa.

“Die inwoners van Suid-Afrika is keelvol vir die land se paaie!” het Morrison op Facebook gesê.

Morrison het haar tot die water gewend met ’n leesboek, glas wyn,  stortkep en sjampoe en badseep, en die twee vroue het Facebook-gebruikers aangemoedig om druk op hul plaaslike regering te plaas om paaie op te knap.

Botha het aan die Saturday Star gesê dat sy voorheen besoekers aan die gasteplaas op dié pad laat perdry het, maar dat dit deesdae “eenvoudig te gevaarlik is.

“Daardie slaggat is so groot dat minstens vyf mense daarin kan bad.”

Volgens Sapa beplan Mpumalanga se departement van vervoer om die pad in 2014 of 2015 op te knap.

“Die groot aantal trokke van verskeie myne wat dié pad gebruik, het tot die pad se agteruitgang bygedra,” het die departementele woordvoerder Dumisani Malamule gesê.

Morrison se foto’s het wye reaksie op sosiale media ontlok, en sy het op haar Facebook-blad gesê “sy is trots op haar manewales”.