North, Kim en die rapper Kanye West se eersteling, is verlede maand gebore. En terwyl die werklikheidster borsvoed en haar in al die aspekte van moederskap verdiep, het sy die oppasser aangestel om te sorg dat sy snags genoeg slaap kry.

’n Bron het aan RadarOnline gesê: “Kim borsvoed Nori en pomp altyd voor sy gaan slaap, ingeval die baba in die nag wakker word. Kim en Kanye se baba-oppasser slaap in die kinderkamer by Nori, en as haar doek omgeruil of sy gevoed of vertroos moet word, is dit die helper wat die baba versorg.

“Kim wil goed uitgerus wees sodat sy die beste ma moontlik vir Nori kan wees. Sy meen dit sal nie gebeur as sy te min slaap kry nie. Kim koester die tyd van nuwe ma wees en wil dit soveel moontlik geniet sonder om van slaap ontneem te word. Slaap is vir Kim baie belangrik. Sonder agt tot 10 uur kan sy nie funksioneer nie.”

Die 32-jarige ster is dol oor moederskap, maar is geskok oor die hoeveelheid doeke wat die kleintjie kafdraf.

Die bron het bygevoeg: “Kim is stomverbaas oor hoeveel doeke North in net een dag gebruik. Daar was kommer dat die baba luieruitslag ontwikkel, wat baie normaal is, maar dit het verdwyn.

“Kim hou daarvan om Nori se winde uit te vryf nadat sy gevoed het en is gaande oor die geluide wat die baba maak. As North gaap, oe en aa haar trotse ouers behoorlik.”