Lees bly ’n onontbeerlike deel van kinders se opvoeding. Daarom is Wêreldboekedag, wat vandag gevier word, die ideale geleentheid om jou kind te motiveer om die videospeletjies neer te sit en ’n boek oop te slaan.

Unesco, die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie, het dié dag gekies omdat William Shakespeare op hierdie dag in 1616 oorlede is. Dis ook die sterfdag van die Spaanse skrywers, Inca Garcilaso de la Vega (1616), Miguel de Cervantes s’n (1616, al word dit ook aangedui as 22 April) en Josep Pla (1981).

Op dié dag, wat die eerste keer in 1995 gevier is, word mense aangemoedig om boeke te lees, dit uit te gee en kopiereg te bevorder.

Bronne: un.org en wikipedia.org

20 + boeke wat jou kind aan die lees kan kry

Lees saam met jou kind