TEKS: Die meeste kinders is nie mal oor slaai nie, maar hierdie heerlike Checkers-resep vir Caprese op ’n stokkie gaan hulle van mening laat verander.

Genoeg vir 4-6 mense

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • 60 ml (¼ k) basiliepesto
  • 24 bocconcini-balletjies of mozzarella-blokkies
  • 24 vars basilieblare
  • 24 kersietamaties
  • 24 sosatiestokkies
  • Olyfolie vir oorsprinkel

Maak so:

caprese_copy pic

Meng die pesto en bocconcini of mozzarella. Sny die tamaties horisontaal middeldeur en hou die pare saam. Steek die stokkie deur die een tamatiehelfte, dan ’n balletjie of blokkie kaas, dan ’n basilieblaar en eindelik die ander tamatiehelfte. Gaan so voort tot al die tamaties op is. Sprinkel die olyfolie en sit voor.

Wenk: Jy kan tapenade pleks van pesto gebruik. Jy kan ook enige ander soort kaas gebruik as jou kleintjies nie dol is oor die bocconcini nie.

Klik hier vir nog heerlike Checkers-resepte vir jou gesin.

- Resep deur Jenny Morris

Also read: