spinach-tomato-and-feta-salad

(Genoeg vir 4-6 mense)

Dis wat jy gaan nodig kry:

1 klein bossie vars spinasie

¼ houertjie babtamaties, in die lengte gehalveer

½ rooi-ui, fyn gekap

2 wiele fetakaas, gekrummel

sap en skil van 1 suurlemoen

15 ml (1 e) rooiwynasyn

30 ml (2 e) sonneblomsaad

15 ml (1 e) papawersaad

knippie sout (opsioneel)

Sny die spinasie in dun repies, voeg die tamatie, uie, feta en suurlemoenskil by en meng goed. Meng die suurlemoensap en asyn met die sade en giet oor die slaai. Meng liggies en geur met die sout indien verkies. Sit voor teen kamertemperatuur.

Vir hierdie resep en nog smullekker kos-idees, besoek Checkers.

Resep en foto: Lesley Scott