Padkos_Halloumi

Dis wat jy vir die slaai gaan nodig kry:

500 ml (2 k) babaspinasieblare

125 ml (½ k) beet, in julienne-repies gesny

120 g halloumi in skywe gesny

30 ml (2 e) Padkos-pampoenpitte

6 mentblare, geskeur

Dis wat jy vir die slaaisous gaan nodig kry:

sap en skil van 1 middelslag-suurlemoen

sap en skil van 1 lemmetjie

40 ml olyfolie

1 ml (¼ t) suiker

sout na smaak

Sit al die bestanddele vir die slaaisous in ’n fles en skud goed. Dit sal emulsifiseer. Hou eenkant. Rooster die pampoenpitte oor lae hitte in ’n kleefwerende pan, sowat 30 sekondes of tot dit begin verbruin. Verwyder van die hitte en hou eenkant. Sny die halloumi in happiegrootte-stukkies en verhit in dieselfde pan (ook sonder olie) tot alkant bruin. Rangskik die spinasie op ’n bord, gevolg deur die beet en warm halloumi. Sprinkel die pampoenpitte en mentblare oor. Skud die slaaisous en giet oor. Sit onmiddellik voor.

Resep: Food24

Resep deur: Food and the Fabulous

Foto’s: Food and the Fabulous

Bestanddele: Checkers

Vir hierdie en ander resepte besoek Checkers.