‘n Amerikaanse skurk het by ‘n huis ingebreek om televisie te kyk.

Volgens die polisie het Jason Bastrom by ‘n huis in Portland, Oregon ingebreek en homself op die bank tuisgemaak.

Hy het skaars begin TV kyk toe een van die inwoners hom oor die kop geslaan het.

“Ek het hom hoor insluip. Dit was angswekkend,” het Jamie McGowan vertel nadat polisie by die huis opgedaag het.

Die hou teen Bastrom se kop het hom heeltemal uitgeslaan. Hy is eers na die hospitaal geneem vir behandeling voordat die polisie hom na die Multnomah-polisiestasie geneem het.

Volg Huisgenoot op Twitter.

-BANGShowbiz