“Die publiek en media is nou agt keer so geneig om die woord ‘skuldig’ as ‘onskuldig’ in mediadekking oor die saak te gebruik,” het Tonya Khoury, ’n DDI-woordvoerder, Woensdag gesê. “Ons het die woord ‘skuldig’ gebruik om te bepaal watter soort terugvoer dit sou genereer.”

Hulle het bevind dat sowat 8,43 persent van die wêreldmedia die woord “skuldig” gebruik, teenoor 1,14 persent van alle media wêreldwyd, wat “onskuldig” gekies het.

Die sosialemediaplatform Twitter dra by tot nuusdekking oor die saak by die hooggeregshof in Pretoria, sê Tonya. Van die twee getuienisse wat Woensdag aangehoor is, dié van kol. Johannes Vermeulen en Oscar se vriend Darren Fresco, het Darren se getuienis vir meer media-aktiwiteit gesorg. “Wanneer jy hierdie twee getuienisse langs mekaar sit, maak Darren se getuienis sowat 80 persent van die media-aktiwiteit uit.”

Tonya sê die saak het meer oorsese belangstelling gegenereer. “Amerika, Duitsland, Engeland en Australië dek die storie meer as die Suid-Afrikaanse media,” sê sy.

Die data is saamgestel uit 6,2 miljoen sosialemediaplatforms, wat blogs, forums, sosiale netwerke en kommentaar, 60 000 aanlyn koerante wêreldwyd, 2 000 Suid-Afrikaanse drukmedia en 66 radio- en TV-stasies insluit.  – Sapa