Rugbylegende Naas Botha se bates is Donderdag voorlopig in die hooggeregshof in Pretoria gesekwestreer, berig die Cape Times.

[caption id="attachment_125006" align="alignnone" width="600"]Naas  Botha is voorlopig gesekwestreer. Foto: Fani Mahuntsi Naas Botha is voorlopig gesekwestreer. Foto: Fani Mahuntsi[/caption]

Na wat berig word beweer ’n bank Naas skuld meer as R1,1 miljoen op ’n verband op ’n eiendom in Mooikloof in die ooste van Pretoria.

Die voormalige Springbok-losskakel het die sekwestrasie nie teëgestaan nie, en ook nie in die hof verskyn nie al is die dokumente deur die balju by hom afgelewer.

Regter Peter Mabuse het Naas tot 15 Junie gegee om die aansoek teen te staan en om redes te gee waarom hy nie gesekwestreer moet word nie.

Naas se vrou, Karin, het in Januarie 2006 by Nedbank ’n verband op die eiendom uitgeneem en hy het glo borg geteken daarvoor.

Nie Naas of Karin het Vrydagoggend op navraag gereageer nie.

Bronne: Cape Times; Sport24

Ander stories op Huisgenoot.com

29-jarige met Downsindroom verloor byna 50 kg in ongelooflike transformasie

Hoe goed ken jy jou Afrikaanse kosterme?

Soete weerwraak van verkulde geliefde: ‘Hoop sy was dit werd!’

Kyk hoe skarrel Kurt Darren toe dié komediant hom probeer ‘verlei’

Dié broer en suster gaan nooit weer kan slaap weens ’n seldsame en ongeneesbare breinsiekte

Padwoede-voorval: ‘Ek het nog gedink ons gaan net woorde wissel, toe klap sy my’