Dan is Skatjagter op VIA (DStv-kanaal 147) net die program vir jou! Daarin vertel die ma-en-seun-span Joe en Dol Strydom hoe om meubels, erfstukke en ander oudhede nuwe lewe te gee.

Joe en Dol reis na verskillende huise om vir kykers praktiese wenke te gee oor hoe om die items reeds in hul besit te herskep.

“Met Skatjagter het ons juis items gesoek met min waarde sodat ons dit weer waardevol kon maak,” vertel Joe.

Dol restoureer al vir meer as 30 jaar haar eie oudhede. “Ek hou daarvan om binneversiering te doen en help ook om ons familie se troulokaal mooi te maak,” verklap sy.

Joe vertel dat hy en sy ma nooit vassit nie, hulle verskil bloot van mening. “Ek en my ma ken mekaar so goed en ons weet presies watter knoppies om te druk. Ons sit soms vas as ons saam na ’n veiling gaan of van dieselfde item hou,” vertel Joe.

En waarna kan kykers uitsien? Beslis ’n tikkie realiteit en baie inspirasie!

“Ons hoop dat kykers sal inspring en eerder items sal regmaak as om dit weg te gooi.”

Skatjagter is Maandae om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) te sien.