Dis die Blitsbokke se eerste toernooi met Neil Powell as hul afrigter, nadat Paul Treu, die jare lange afrigter van die sewesspan, vroeër vanjaar uitgetree het.

Donderstorms het die Suid-Afrikaanse span se vlug na Australië die afgelope week vertraag. Daarom het die span eers Donderdagaand in Australië aangekom, terwyl die toernooi al môre begin.

Die Blitsbokke speel hul eerste wedstryd  môreoggend kwart oor drie (Suid-Afrikaanse tyd) teen Frankryk. Die ander spanne in Groep B is Engeland en Spanje. Die reeks word op SuperSport uitgesaai.

  • Gaan kyk gerus hier vir die volledige rooster van die naweek se sewesrugby.