Lesers van Huisgenoot kry voorkeurbehandeling, want hulle kan inskryf vir die buitelug-koswerklikheidsreeks Ultimate Braai Master Season 3: Time for Tough, selfs nadat die inskrywings gesluit het.

Terwyl gewone hoopvolles aanlyn keuring moet deurloop om ’n plek in die oudisies te verseker, gee ons een goue kaartjie per streek weg.

As jy gekies word, kan jy jou regmaak vir ’n ten volle betaalde twee maande, 9 000 km lange 4 x 4-braai-avontuur van stof en rook saam met Suid-Afrika se mees geliefde boskook-kenner, Justin Bonello.

Die wenspan kry R500 000 kontant, ’n nuwe Renault Duster-4x4 van R260 000 en die titel Suid-Afrika se Ultimate Braai Master 2014.

Neem so deel:

  • Lesers kan tot ’n week voor die oudisies vir die goue kaartjies inskryf.
  • Stuur ’n e-pos na jaco.coetzee@media24.com met jou span se naam, jou naam, ’n gekose braaimaat en ’n motivering van hoogstens 50 woorde oor waarom jy dink jy en jou braaimaat taai genoeg is om Suid-Afrika se Ultimate Braai Master 2014 te word.
  • Die wenners sal per e-pos in kennis gestel word.
  • Besoek www.ultimatebraaimaster.com vir die bepalings en voorwaardes en nog besonderhede.
  • Datums van oudisies:
  • Johannesburg (8 Maart), Indaba Hotel, Fourways.
  • Port Elizabeth (15 Maart), Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, Somerstrand-Noord-kampus.
  • Durban (22 Maart), die Shark’s Kings Park-stadion.
  • Kaapstad (29 Maart), The Lookout Venue, Granger Bay, V & A Waterfront.