Dis amper tyd vir ’n splinternuwe seisoen van die gewilde kykNET-werklikheidsprogram Boer Soek ’n Vrou, met die splinternuwe aanbieder, Nadia Beukes. Dit beteken natuurlik ook dat daar 10 nuwe boere is wat op soek is na liefde.

As jy moeg is vir stadsjapies met hul slap karre en swart pakke, is dit die geleentheid vir jou. Dalk kan een van die boere met hul trekkers, bakkies en kakie pakkies jou hart steel. En wie weet? Dalk gaan woon jy eendag op ’n plaas of op die platteland!

Dalk vind jy ware liefde soos Jan en Glaudine, wat tydens die sesde seisoen verloof geraak het. Die paartjie het liefde nog ’n kans gegee en het die vrugte daarvan gepluk, want een van die dae lui daar trouklokkies.

Die inskrywings vir vanjaar se Boer Soek ’n Vrou is beskikbaar in vandeesweek en volgende week se Huisgenoot. Moet dit beslis nie misloop nie!

boersoek