’n Groep fiets- en motorfietsryers het Woensdag laatmiddag ter nouernood aan die dood ontkom toe ’n Boeing 727-200 deur ’n heining om die aanloopbaan bars en hul rakelings mis.

Volgens die Kolombiaanse burgerlike lugvaartagentskap het die ramp drie minute nadat die vliegtuig probeer opstyg het van Puerto Carreno.

Daar was ses mense aan boord van die vliegtuig wat aan Aerosucre behoort het, ’n lugvragvervoermaatskappy van Kolombië.

Die geskokte toeskouers spaander uiteen.

Volgens die Kolombiaanse Rooi Kruis kon twee mense uit die brandende wrak gered word, maar een van hulle het ongelukkig later in die hospitaal beswyk. Die ramp volg skaars drie weke nadat ’n passasiersvliegtuig met minstens 81 mense aan boord, insluitend die lede van ’n Brasiliaanse sokkerspan, op 28 November net buite Medellin in Kolombië neergestort het.

Bronne: express.co.uk, aa.com, zamanalwsl.net, qna.org.qa