Die Pretoriase gemeenskapskoerant Rekord East berig die polisie het Donderdagoggend koeëlvrye baadjies, glimbaadjies, ’n blou lig, en twee R5-gewere, wat blykbaar in ’n mislukte kapingspoging gebruik is, in ’n verlate voertuig in Tembisa gekry.

Op die video dwing skyn-polisiebeamptes met glimbaadjies aan die bestuurder van ’n swart BMW X5 en sy vroulike passasier uit die voertuig.

Die bestuurder weer toe die voornemende kapers (wat probeer om hom in hul ontsnappingsmotor in te dwing) af, hardloop weg en roep om hulp.

Die vrou hardloop na die vrou wat die video-opname gemaak het om hulp te kry.

Bronne: Netwerk24, http://rekordeast.co.za/