Skokkende paneelbordkamera-opname wys die oomblik toe ’n man by die agterruit van ’n motor uitvlieg nadat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en teen ’n reling langs die pad bots.

Die ongeluk het in Chongqing, ’n stad in die suidweste van China, gebeur. 

Al drie mense in die swart voertuig het wonderbaarlik die ongeluk oorleef.

In die video kan gesien word hoe die voertuig die pad verlaat en teen die metaalreling aan die teenoorgestelde kant van die pad bots. 

Die impak is so erg dat ’n man – een van twee mense op die agtersitplek – by die agterruit uitvlieg, tesame met dele van die motor.

Die tweede passasier se kop hang uit by die stukkende ruit terwyl die voertuig in sirkels spin voor dit uiteindelik tot stilstand kom.

Die man, wat langs die pad gevind is, was nog by sy bewussyn en kon met polisiebeamptes en paramedici op die toneel praat.

Die bestuurder en twee passasiers is hospitaal toe geneem en behandel vir beserings wat hulle opgedoen het. 

Die polisie het bevestig dat nie een van die passasiers op die agtersitplek hul sitplekgordels gedra het nie.

Kyk die video hier:

Bronne: Mirror.co.uk, Tvnz.co.nz