Die vreesaanjaende oomblik wat 'n niks-vermoedende Australiër een oggend 'n reuse-spinnekop aantref wat agter 'n deur skuil.

View post on imgur.com

Die persoon was so ontstig deur die groot agtvoetige dier, dat hy dadelik sy selfoon gegryp het en 'n foto aanlyn gedeel het. Dié foto het intussen omtrent 'n wye reaksie ontlok.

Lees ook: Man verloor byna been ná spinnekopbyt op vliegtuig

In die foto lyk dit kompleet of die spinnekop sy allerbeste probeer om nie raakgesien te word nie, maar tevergeefs. Dié tamaai meneertjie (of mevroutjie) is intussen as 'n reuse-reënspinnekop geïdentifiseer. In Australië staan dit as 'n jagter-spinnekop bekend.

'n Internetgebruiker het kommentaar gelewer op die betrokke foto en geskryf: "Ek onthou eenkeer, as 'n naïewe rugsakreisiger, het een van hierdie spinnekoppe op my afgestorm. Dit was f***** skrikwekkend!"

Lees ook: Spinnekop en dié se wriemelrige kroos kruip weg in kragboks

Bronne: Mirror; Yahoo