’n Verwarde rot is vasgekeer op die roltrap se handreling en het omstanders laat skater.

Die rondreisende knaagdier het op ’n manier op die platform vans ’n moltreinstasie in Los Angeles beland en het desperaat die bewegende handreling probeer weghardloop.

In die video lag verskeie mense op die agtergrond terwyl die knaagdiertjie tevergeefs probeer ontsnap, maar herhaaldelik agtertoe beweeg asof dit op ’n trapmeul is.

Eindelik het een vrou die vasgekeerde rot jammer gekry en dit afgestamp, waarna dit weggehardloop het – sonder om dankie te sê.

Pendelaars het die ongewonde voorval verfilm en op YouTube gelaai, waar dit groot aftrek gekry het.

Bronne: YouTube, The Mirror