Maar vir een van die pare op ’n soenkameravideo wat by ’n basketbalwedstryd in die Philips-arena in Atlanta, Amerika, geneem is, het sake vinnig skeefgeloop toe ’n kêrel sy meisie ignoreer toe die kamera op hulle stilstaan.

Eers kom die man, wat skynbaar vreeslik op sy bier ingestel is, nie agter die kamera is op hom en sy liefie gerig nie. Maar toe sy meisie aan hom tik, kyk hy op – en hou aan om sy bier te drink. Hy wys duidelik hy stel nie belang om sy liefde in die openbaar te wys nie.

Maar sy laat haar nie deur sy afjak van stryk bring nie. Die beeldmateriaal wys hoe die meisie ongeërg haar skouers optrek en haar teen die ou langs haar aanvlei. En dié lyk of hy met graagte aan haar versoek voldoen. Dan soen sy en die vreemdeling mekaar – reg voor haar kêrel. Die kêrel vererg hom natuurlik bloedig – in so ’n mate dat hy opspring en wegstorm. Sy meisie bly houtgerus sit.

Ons wonder of die verhouding verby is.

Kyk die video hier onder: