Ons het Sorina Erasmus (ook bekend as die Flooze) en haar man Braam, raakgeloop tydens repetisies vir Skouspel 2013 by Sun City.

Hulle is vreeslik opgewonde oor die baba wat oppad is.

“Ek is nou elf en ‘n halwe weke swanger en dis so wonderlik om te sien hoe die babatjie groei op die sonar. Ons het selfs die twee breinlobbe gesien, te dierbaar,” sê Sorina wat nog nie kan sien aan haar lyf dat sy swanger is nie, maar Braam sê hy kan ‘n klein magie sien.

“En die babatjie is nou al 5 cm groot,” voeg hy opgewonde by.”