Carols by Candlelight 3

Hierdie is slegs ‘n paar van die kunstenaars wat hierdie jaar te siene gaan wees by Jacaranda FM & SPAR se Carols by Candlelight wat op die 1ste Desember 2015 by SuperSport Park in Centurion en op die 2de Desember 2015 by die Bidvest Wanderers Stadium in Johannesburg plaasvind.

Toegang is gratis, maar konsertgangers word aangemoedig om ‘n speelding saam te bring wat later aan drie uitgesoekte liefdadigheidsorganisasies - Child Welfare Tshwane, Heartbeat en Hanna Charities – geskenk sal word.

Jacaranda FM se Algemene Bestuurder, Kevin Fine, sê hulle hoop om met vanjaar se konsert weer so lekker baie speelgoed vir minder bevoorregte kinders in te samel as laasjaar.

"Verlede jaar het ons meer as 25 000 speelgoed vir kinders, wat andersins geen Kersgeskenke sou ontvang nie, ingesamel. Ons hoop om hierdie jaar, danksy die vrygewigheid van ons luisteraars, nog baie meer bymekaar te maak.”

Hierdie jaar se program bied ‘n hele rits eersteklas plaaslike kunstenaars wat gaan optree, insluitend:

  • Dewald Wasserfall
  • Loyiso Bala
  • Elvis Blue
  • Charlize Berg
  • Bok van Blerk
  • Soweto Gospel Choir
  • Lira
  • Ross Learmonth
  • Matthew Mole
  • Blackbyrd

DATUM: Centurion, 1 Desember; Johannesburg, 2 Desember

PLEK: SuperSport Park, Centurion; Bidvest Wanderers Stadium, JHB

TYD: Hekke maak 16h00 oop, en verrigtinge begin 19h00 en eindig 21h00