Die Straits Times berig dat die ongeluk Saterdagaand plaasgevind het nadat die winkelsentrum in Zhongshan Park, Shanghai, gesluit het.

Die 35-jarige slagoffer was besig om die trappe van die roltrap skoon te maak toe sy linkerbeen tussen die boonste trap en die vloerpaneel vasgeknel is. Die roltrap is onmiddellik tot stilstand gebring, maar die man was vasgevang. Die ledemaat was so erg beskadig dat die dokters dit moes amputeer.

WAARSKUWING: DIE VIDEO KAN SENSITIEWE KYKERS ONTSTEL