Hy was besig om ’n kruis om die grafsteen vas te bind toe ’n bo-stuk daarvan losgegly en bo-op sy kop neergetuimel het.

Die kruis was deel van ’n versiersel wat Stephen se vrou elke jaar op haar ma se graf rondom Paastyd sit. Sy was teenwoordig toe die grafsteen op hom geval het.

Stephen het onlangs ’n erf reg langs sy skoonma se graf vir hom en sy vrou aangeskaf. Dis hier waar hy nou permanent langs sy skoonma terruste gelê gaan word.

Ed Kubilus, ’n opsigter van die begrafplaas, het aan verslaggewers verduidelik dat sommige grafstene onstabiel raak hierdie tyd van die jaar soos wanneer die ergste sneeu en ys van die winter begin wegsmelt.

Bronne: SkyNews; TimesLive