Stap 1: Skep ’n vleklose gelaat

Nadat jy jou vel gereinig het, begin deur jou vel ’n vlekkelose voorkoms te gee. As jy nie baie grimering nodig het nie, beveel ons ’n getinte vogroom aan. Of selfs beter, ’n BB-room of CC-room. Jy kan hulle op hul eie of onder jou onderlaag gebruik.

BB-rome is soos ’n ligte onderlaag en bevat gewoonlik ekstra bestanddele soos bevogtigers en sonskerms. CC-rome het gewoonlik ’n veerligte tekstuur en is daarop gemik om rooiheid of vaalheid van die vel te korrigeer. Hulle bevat gewoonlik ligweerkaatsende partikels om die vel stralend te laat vertoon.

Om aan te wend: Gebruik ’n onderlaag-kwassie vir ’n foutlose aanwending, of ’n grimeer-sponsie as jy dit verkies. Begin by die neus en die middel van die gesig en werk uitwaarts. Maak seker jou onderlaag is goed ingeskakeer en sonder strepe. Jy kan jou BB- of CC-room oor jou hele gesig en selfs die oogarea aanwend.

Ons hou van: Complexion Corrector Cream van Almay, Stay All Day 10-in-1 HD Bronzing Beauty Balm SPF 30 van Stila, All-In-One BB Cream van Essence, BB Allround Foundation Multi-Benefit Make Up van Catrice and 1 2 3 Perfect CC Cream van Bourjois.

Stap 2: Verbloem en bedek

Aangesien jy reeds jou BB- of CC-room onder jou oë aangewend het, het jy minder verbloemer nodig, wat jou ’n natuurlike, vars voorkoms gee. Gebruik jou ringvinger, ’n kwassie of jou verbloemer se kwassie om verbloemer van die binneste ooghoeke aan te wend, in die rigting van die buitenste ooghoeke, en onder jou oë om donker kringe te verbloem. Tik verbloemer op merkies en vlekkies wat jy ook wil verbloem.

Ons hou van: Re-Touch Light-Reflecting Concealer van Catrice, Correcting Concealer Stick van Bourjois, Perfecting Concealer van Stila en Stay Natural Concealer van Essence.

Stap 3: Poeier-perfeksie

Wend gesigpoeier met ’n skoon blosserkwas of poeierkwas aan. ’n Kleiner kwas werk goed vir daardie plekkies wat moeilik is om by te kom, soos die neushoeke of onder die oë. Wend ’n bietjie poeier op jou neus, ken, wange en ooglede aan vir ’n vars voorkoms. Konsentreer op die T-sone, wat meer geneig is om te blink.

Top-wenk: Los die bokante van die wangbene poeiervry. Selfs al het jy ’n olierige vel, lyk ’n tikkie glans op die bodele van die wangbene jeugdig en glansend.

Ons hou van: Deursigtige poeiers soos Prime And Fine Translucent Loose Powder deur Catrice of All About Matt! Fixing Compact Powder deur Essence. Dit verskaf ’n mat afwerking sonder dat dit aangekoek lyk.

Stap 4: Laat jou oë uitstaan

Vir oë wat uitstaan, kan jy ’n oogomlyner gebruik om ’n lyn net op jou boonste wimperlyn te trek. Gebruik jou vinger en ’n oorstokkie om dit rond te smeer. Dit skep die illusie dat jou wimpers ruier is. Nou is dit tyd vir maskara. Wanneer jy min tyd het, het jy net volumegewende maskara nodig om dieselfde effek te kry. Die onderste wimpers is dié wat dikwels smeer; hou dit skoon en spaar ’n bietjie tyd.

Ons hou van: Volume Glamour Max Waterproof Mascara Noir deur Bourjois, Get Up And Grow One Coat Mascara Blackest Black deur Almay, The Giant Extra Volume Mascara Black deur Catrice en Major Major Lash Mascara Black deur Stila.

Stap 5: Mwah!

Rond jou voorkoms af met ’n pragtige lipstiffie of -glans. Omdat ’n sterk kleur nie met jou eenvoudig gegrimeerde oë gaan bots nie, het jy vrye teuels.

Ons hou van: Lip Glaze deur Stila, Pure Shine Colour Lip Balm deur Catrice, Color & Care Liquid Lip Balm deur Almay, XXXL Shine Lipgloss deur Essence en Colorstay Ultimate Suede Lipstick deur Revlon.

As jy ’n ekstra minuut of twee het:

Verhelder jou gesig vinnig deur dit op drie plekke met ’n poeierblosser te beklemtoon, byvoorbeeld met Set & Illuminate Baked Powder Trio deur Stila. Nadat jy jou onderlaag en verbloemer aangewend het, kan jy ’n oogborsel of oorstokkie gebruik om die poeier in die vou van jou oog en die binnehoeke van jou oog aan te wend. Tik ook ’n bietjie poeier oor jou wangbene. Dié kombinasie laat jou oë skitter – sonder oogskadu!

  • Dié wenke kom met die komplimente van spree.co.za. Klik hier vir nog inligting oor Spree se skoonheidsbekendstellng en staan ’n kans om ’n fantastiese geskenk te wen.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.