Nooddienste-woordvoerder Robert McKenzie het aan News24 gesê die seun het sy kop by die bewegende bus se venster uitgesteek waarna dit ’n paal langs die pad getref het.

Die bus was glo in ‘n baie nou straatjie in Durban se sentrale besigheidsarea

Een van die sestienjarige se medeskoliere wat die ongeluk aanskou het, is intussen in die hospitaal opgeneem vir trauma-behandeling.

Bron: News24