Luidens berigte het die seun (19) se pa hom Vrydagaand aan die polisie oorhandig. Kapt. Thembeka Mbhele, polisiewoordvoerder, het aan Times Live gesê hy sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

Die seun se naam is nog nie bekend gemaak nie.

Muzi Mahlambi, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement het dit ook Saterdag via teksboodskap bevestig.

Hy was ’n gr. 9-leerder aan die Siyathuthuka sekondêre skool in Inanda, noord van Durban, toe die aanranding in November 2016 plaasgevind het.

Ek het my dogter en haar bloedbevlekte skoolklere saamgeneem. Haar neus het tydens die aanranding aan die bloei gegaan.

Luit.kol. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het Vrydag ook bekend gemaak dat die polisielede wat nie destyds die skoolmmeisie en haar pa behulpsaam wou wees nie, deur moontlike dissiplinêre aksie in die gesig gestaar word.

“As daar bevind word dat enige lid gefaal het in die uitvoer van sy of haar pligte, sal ’n dissiplinê aksie ingestel word.”

Die meisie se pa het na die voorval na die polisiestasie gegaan om ’n klag te lê maar volgens hom was hulle nie gewillig om dit te doen nie.

“Ek het my dogter en haar bloedbevlekte skoolklere saamgeneem. Haar neus het tydens die aanranding aan die bloei gegaan.

“Eers het die polisielede gesê daar’s nie ’n voertuig om na die skoolseun se huis te gaan nie. Daarna het hulle weer gesê dit sal ’n mors van tyd wees om ’n saak oop te maak want hy sal deur die hof vrygelaat word.”

Bronne: news24.com timeslive.co.za