Die 17-jarige meisie se pa het nou gewaarsku dat die skoolseun wat haar aangerand het, in hegtenis geneem moet word of “ek mag hom dalk doodmaak”.

Die voorval het in November 2016 by die Siyathuthuka sekondêre skool in Inanda, noord van Durban, plaasgevind. Dit was kort voor eksamentyd.

“Wanneer hy (die skoolseun) my sien, hardloop hy weg. Ek wens die polisie wil hom gou in hegtenis neem voordat ek hom in die hande kry.

“Want as dit gaan gebeur, mag ek hom dalk doodmaak en dan eindig ék in die tronk.”

Die man sê hy het na die skoolseun se ouerhuis gegaan op die dag van die voorval. Sy ouers was nie tuis nie, maar hy was wel.

“Hy het vir my gesê hy het my dogter geslaan omdat sy en ander skoolmeisies vir hom sou sê hy is so maer soos iemand wat HIV-positief is.”

Ek het my dogter en haar bloedbevlekte skoolklere saamgeneem. Haar neus het tydens die aanranding aan die bloei gegaan.

Die man het na die polisiestasie gegaan om ’n klag te lê maar volgens hom was hulle nie gewillig om dit te doen nie.

“Ek het my dogter en haar bloedbevlekte skoolklere saamgeneem. Haar neus het tydens die aanranding aan die bloei gegaan.

“Eers het die polisielede gesê daar’s nie ’n voertuig om na die skoolseun se huis te gaan nie. Daarna het hulle weer gesê dit sal ’n mors van tyd wees om ’n saak oop te maak want hy sal deur die hof vrygelaat word.”

Hy is ook van mening dat die seun se ouers na sy huis moes kom om die voorval te bespreek. Hulle het tot nou toe nog nie.

“Dit maak my baie seer.”

Omdat hy nie die departement van onderwys se kontakbesonderhede gehad het nie, het hy nie die voorval onder hulle aandag gebring nie.   

Sy het verlede jaar geslaag en sy doen steeds goed. Sy sê egter dat daar leerders is wat haar steeds oor die video treiter.

Vrydagoggend het Mthandeni Dlungwana, KwaZulu-Natal se minister van onderwys, met hom kontak gemaak. Hy glo die departement sal hom nou bystaan met die saak.

Hy het sy dogter na ’n ander skool in die gebied geskuif.

“Sy het verlede jaar geslaag en sy doen steeds goed. Sy sê egter dat daar leerders is wat haar steeds oor die video treiter.”

In die video kan gesien word hoe die seun haar klap en skop dat sy steier. Sy eindig op die grond.

Dis vir hom nog nie genoeg nie. Hy skop haar ’n paar keer in haar rug en eindig sy brutale aanval af met ’n hak-skop teen haar nek.

Deurentyd snou hy haar obsene vloekwoorde toe.

Nog ’n skoolseun verskyn in beeld. Op die sementvloer kan die bloedspatsels gesien word . . .

WAARSKUWING: GRAFIESE BEELDMATERIAAL KAN SENSITIEWE KYKERS ONTSTEL