“Juan-Luther Erasmus was ’n pragtig kind,” sê meneer Schalk van der Merwe, hoof van die Hoërskool Jim Fouché. “Hy het hierdie jaar in sy gr. 10 jaar by ons aangesluit en sommer baie mooi aangepas.

“Juan-Luther was ’n stil, skaam kind wat altyd ’n vonkel in sy oog gehad het en tog te lekker kon lag.

“Hy het die mooiste maniere gehad. Hy was baie lief vir atletiek en het deelgeneem aan die 110 m hekkies asook landloop.”

Juan-Luther het homself glo met ’n tou in sy kamer opgehang, berig Netwerk24. Sy ouers het hom die aand rondom middernag in sy kamer gekry.

Volgens Schalk het hy aan depressie gely en is hy ’n maand gelede by die skool ingeskryf.

Juan-Luther se pa, Pieter, is ’n ortopediese chirurg. Hy laat sy pa, ma, Soret, en vier sussies, Ane-Scha, Swalica, Sjande en Nielsje agter.

Ander stories op Huisgenoot.com

‘Bedwelmde’ skape maak amok op rustige dorpie

Jennifer Aniston bevestig tragiese nuus

Ouers se agt jaar lange stryd met Binnelandse Sake oor hul kind se identiteit

Kyk: Paaie in Indië besaai met plakkies tydens versengende hittegolf