’n Hoërskoolbus van die Hoërskool Landboudal in Jacobsdal is na wat berig word op sy sy langs die pad gekry terwyl ’n wrak van ’n ligte voertuig en ’n sportnutsvoertuig in stukke langs die pad was, sê ER24-woordvoerder Russel Meiring.

 

Die Gr.11-seun se lyk is in die bus gevind. Hy het veelvoudige beserings opgedoen en het op die toneel omstreeks 50km buite Kimberley gesterf. ’n Man was vasgekeer in die ligte voertuig en het ook op die toneel gesterf, sê Russel. Al die kinders was glo in die hoërskool, hoewel die afgestorwenes se presiese ouderdomme nog nie bevestig is nie.

 

Die bestuurder van die sportnutsvoertuig en die beseerde kinders het geringe tot ernstige beserings opgedoen. Almal is op die toneel behandel en sommige is op lewensondersteuningstels geplaas. Hulle is daarna vir verdere behandeling na nabygeleë hospitale in Kimberley geneem.

Volgens ER24 het die busbestuurder geen ernstige besering opgedoen nie.

Die oorsaak van die botsing is nog onbekend.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Lily-mynramp: ‘Daar is nog hoop’

Polisie red 18 kinders uit SA kerk

Babatoelae, haarsalonne en bier – dié maatskappye het die lekkerste byvoordele

Pak jou tasse en loop, hoor bejaarde vrou na bewering by ouetehuis

Al kry hy nie Grammy nie, maak SA gospelsanger landgenote trots in VSA

Vir Altyd laat die liefdesvure by die loket brand

Kyk: Pragtige foto’s van swanger Sorina