Een van die kinders, ’n 15-jarige gr. 8-seun van die Glenhaven sekondêre skool, is verskeie meter deur die taxi saamgesleep. Hy is in ’n kritieke toestand na die Osindsweni-hospitaal geneem waar hy steeds om sy lewe veg.

Sy regterbeen en heup is gebreek en hy het ernstige kopbeserings opgedoen.  

’n Tweede skoolkind wat ook deur die taxi getref is, is glo sowat 25 meter ver geslinger.

Die taxi-bestuurder het te voet van die toneel gevlug. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Bron: news24.com