Die voorval het verlede week in die Lorraine-gemeenskap in Sekoro plaasgevind.

Volgens Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het die man glo aan die meisie gesê hy het ’n boodskap om aan haar oor te dra. Hy het haar na sy huis in Lorraine geneem waar hy haar met hul aankoms na bewering verkrag het.

Die meisie het ’n klag gaan lê en die skoolhoof is later in hegtenis geneem.

Die beskuldigde het Maandag kortliks in die Lenyenye-landdroshof verskyn. Hy sal na verwagting Dinsdag weer in die hof verskyn.

Bron: news24.com