Dié skool het verlede week aangekondig dat ’n paneel van sewe onderwyseresse die meisies se dansrokke moet goedkeur vóórdat hulle na die dans mag gaan. Dis glo om te verhoed dat daar “te veel vel wys”.
Vroulike personeellede sal ook die aand van die dans teenwoordig wees om meisies weg te wys as hul rokke onvanpas is.

Die meisies is uitgenooi om foto’s van hul rokke te stuur wat die paneel kon oorweeg. Teen Vrydag verlede week het die paneel foto’s van 150 rokke nagesien en ses rokke afgekeur.

Vroulike personeellede sal ook die aand van die dans teenwoordig wees om meisies weg te wys as hul rokke onvanpas is.

Ouers en studente is ontsteld omdat die aankondiging slegs agt dae voor die dans gemaak is en hulle het reeds honderde, selfs duisende rande op rokke spandeer.

Baie het nou paniekbevange die rokke vir verstellings geneem terwyl ander weer nuwe rokke gaan koop.

Die skool kap terug dat die reëls oor kleredrag reeds jare in plek is.

Daar is verskeie ander skole wat dieselfde of soortgelyke beleid begin implementeer het.

Bronne: Yahoo, AP