Louise, ’n leerder aan die Laer Meisieskool Greenfield in Kenilworth, Kaapstad het tydens die voorval saam met haar gesin op die rotse by Bettysbaai gestaan.

Luidens berigte het Louise se pa in die water gespring om sy kind te red, maar dit was vergeefs.

Dit blyk die minderjarige, wat met vakansie was saam met haar gesin van Claremont, het verdrink.

Haar skool sê op hul Facebook-blad ’n dankseggingsdiens ter ere van Louise se lewe word op 6 Julie in die Christ Church in Kenilworth gehou.

Die skool het namens die Fowler-gesin hul dank betuig vir al die medelye en hulp wat die gesin gedurende dié pynlike tyd ontvang het, veral die hulp van die Hermanus NSRI.

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê ’n grootskaalse soektog is Vrydag van stapel gestuur en duur steeds voort.

“Ons het Saterdag haar klere in die water gevind. Elke voorval van verdrinking verskil; dus is dit onmoontlik om te sê wanneer haar liggaam op die see gaan uitspoel, as sy verdrink het.”

Die soektog duur onverpoosd voort. Foto: Verskaf

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê Louise is steeds soek.

Die soektog na die vermiste Louise duur ook op see voort. Foto verskaf.