So verduidelik Paul Colditz, voorsitter van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), by navraag. Hy het gereageer nadat die beheerliggaam van die Hoërskool Welkom en die Vrystaatse onderwysdepartement in die konstitusionele hof gedraai het oor ’n beleid wat bepaal dat swanger meisies geskors moet word.

Aanvanklik het die hof beslis die onderwysdepartement kan nie namens ’n skool beleid bepaal nie, maar in ’n ander samelopende uitspraak is gesê die beleid is ongrondwetlik omdat dit nie soos die Grondwet vereis die kind se belange eerste stel nie.

Die beheerliggaam en die onderwysdepartement het intussen tot ’n vergelyk gekom en nou kan swanger leerders tot op 32 weke in die skool bly. Daarna kan hulle kraamverlof neem, waartydens alle klasse en skoolaktiwiteite gestaak word. Hulle kan kies om ná die bevalling terug te keer skool toe.

“Ons moedig skole aan om kinders so lank moontlik in die skool te akkommodeer,” voeg Paul by.

Fedsas, die grootse federasie vir beheerliggame, beoog om die beleid wat hulle help opstel het binnekort aan lede landwyd te versprei.

Marelize Potgieter