Maandag is in die Kaapse hooggerregshof aangehoor dat Oliver beweer sperm afkomstig van verskeie mans is in die tiener se liggaam gevind. Daar is voortgegaan om na die videomateriaal te kyk wat Vrydag reeds in die hof gewys is. In die video sê Oliver dat dit nie hy kon wees wat die tiener vermoor het nie want “ek is net een mens. Ek was alleen.”

Hy beweer voorts dat hy net haar iPhone wou steel toe hy haar versmoor het. “Ek het dubbel seker gemaak dat sy nog asemhaal,” sê hy gereeld in die video. Hy sou haar ook so vasgebind het dat sy self kon loskom. “Sy kan haar selfoon terugkry, maar nie haar lewe nie. Ek het net haar foon geneem.” Hy het wel aangedui dat hy Franziska se broek afgetrek het sodat sy haarself kan “fix” wanneer sy weer bykom. Maar hy ontken dat hy enigsins haar onderklere verwyder het.

Lees ook: So het Tokai-tiener se vermeende moordenaar haar aangeval Die staatsaanklaer, Lenro Badenhorst, het egter aan News24 gesê tydens ’n nadoodse ondersoek is daar geen semen in die tiener se privaatdele gevind nie. Jarred van Wyk van die plaaslike buurtwag het Maandag getuig dat hy steeds nagmerries kry van die vrou se gille wat die tiener se lyk op daardie noodlottige dag ontdek het. Hy het vir ’n pols by die tiener gesoek, maar kon niks vind nie. Van Wyk het getuig dat Franziska se lyk nog warm was.

Twee staatsgetuies het ook vandag in die getuiebank gestaan. Mark Japhta het vertel van Oliver wat die “kwaai” foon wou verkoop. Japhta het vir Oliver en Jerome Moses op ’n fiets raakgeloop. Daniel Easter het ook kortliks verskyn. Altwee staatsgetuies is skuldig bevind aan die besit van gesteelde goedere - Franziska se iPhone. In ’n skokwending het Oliver se regsverteenwoordiger, adv. Ken Klopper, homself Maandag aan die saak onttrek.