Die voorval het by die kruising van William Nicol- en Sandton-rylaan gebeur.

Sy vanoggend net voor sewe in die middel van die pad aangetref, het die ER24-woordvoerder Russel Meiring gesê.

Volgens Netwerk24 is die slagoffer Suzanne Leyden (36), ’n onderwyseres aan die Hoërskool Sandown en die ma van ’n jong kind.

“By assessering het die paramedici ontdek die vrou het talle beserings aan haar kop en borskas opgedoen nadat sy deur ’n ligte voertuig gesleep is.”

Sy is op die toneel behandel en na die hospitaal gebring.

“Na verneem word, het die voorval plaasgevind toe die vrou haar voertuig stilhou om ná ’n klein botsing met ’n ander motoris besonderhede te ruil. Die ander persoon het blykbaar weggejaag en die vrou onder die motor saamgesleep,” het Russel gesê.

Bronne: Sapa, Beeld