Die raaiselagtige vonds is by ’n verlate huis deur ’n plaaslike gemeenskapspolisieringsforum (GPF) gemaak.

Dis ook dié GPF wat nooddienste na die toneel ontbied het.

Met paramedici se aankoms op die toneel het die GPF hulle die huis binnegelei.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê paramedici het die vrou ondersoek en bevind dat sy wonde aan haar bors sowel as haar nek opgedoen het.

“Die vrou het reeds aan haar wonde beswyk en sy is op die toneel dood verklaar. Die misdaad word ondersoek.”