Russel Meiring, ER 24-woordvoerder, sê paramedici is kort voor 08:00 deur die plaaslike wetstoepassers na die toneel ontbied. Hulle het die lyke van twee mense en ’n kind in die veld gevind. Al drie is dood verklaar op die toneel.

Dit lyk asof die drie oorledenes vasgebind, gemuilband en aan die brand gesteek is. Daar sal egter ’n nadoodse ondersoek gehou word om dit te bevestig.

Die voorval word verder ondersoek.