Die skokkende bewyse het met behulp van ’n versteekte kamera aan die lig gekom.

Die ondersoekende TV-program Carte Blanche het Sondagaand ’n insetsel oor die voorval uitgesaai.

In die videomateriaal wat die 84-jarige slagoffer se dogter aan Carte Blanche gegee het, kan gesien word hoe haar versorger haar stamp, met die elmboog slaan, skop en selfs lyfsproei spuit in haar trageotomie (gat in haar lugpyp) sodat sy blykbaar krul van die pyn.

Volgens Carte Blanche is die slagoffer seniel en kon sy dus nie vertel wat met haar aan die gebeur is nie.

Haar dogter het egter vermoed iets is fout en ’n videokamera in die kamer versteek.

Bronne: Carte Blanche, Netwerk24, Daily Dispatch