[caption id="attachment_168327" align="alignnone" width="600"]Foto: Skermgreep Foto: Skermgreep[/caption]
Oscar Munoz het op Twitter ’n verklaring uitgereik:

Die bohaai het eintlik gegaan oor ’n e-pos wat uitgelek het. Oscar het dit aan al sy werknemers gestuur en daarin bevestig hy is aan hul kant. “Ons werknemers het ’n vasgestelde prosedure vir sulke situasies gevolg,” het hy geskryf. “Al betreur ek die situasie wat daaruit gespruit het, staan ek ook bankvas agter julle almal en wil ek julle loof dat julle aanhou om alles in jul vermoë te doen om te verseker ons vlieg reg.”

Die lugredery het wêreldwyd woede ontlok nadat ’n video uitgereik is van veiligheidsbeamptes wat ’n man van ’n vliegtuig trek.

Luidens berigte was die vlug van United Airlines reeds vol. Dit sou van die Chicago O’Hare Internasionale Lughawe vertrek na Louisville, Kentucky.

Passasiers is gevra om die vliegtuig vrywillig te verlaat, maar niemand het nie. Veiligheidswagte het toe lukraak mense begin kies.

Volgens ’n ooggetuie, Jayse Anspach, is die man in die video ’n dokter wat die volgende dag by die hospitaal moes wees. Jayse het getwiet: “Dit het gelyk of hy uitgeslaan is, want hy het slap en stil geword. Hulle het hom soos ’n lappop uit die vliegtuig gesleep.” Nog ’n passasier het aan The Courier-Journal: gesê: “’n Bestuurder het vir hom gesê hulle gaan sekuriteit bel as hy weier om die vliegtuig te verlaat. Drie wagte het hom toe van sy sitplek verwyder terwyl ander passasiers uit afkeer geskree het.”

Die man is later weer op die vliegtuig toegelaat. Sy mond het gebloei en hy was duidelik ontsteld. Hy het glo herhaaldelik gesê: “Hulle vermoor my, hulle vermoor my.”

Die polisie in Chicago het intussen ’n verklaring uitgereik en gesê ’n man (69) van Oosterse afkoms het hom aan boord van die vlug “vererg” en lugvaartbeamptes “het die man van die vlug probeer dra toe hy val”. Hulle het ook bevestig een van die betrokke beamptes is intussen met verpligte verlof gestuur. Hier is van die boodskappe van woedende Twitter-gebruikers:

Bronne: Buzzfeed, Daily Mirror, The Independent