Dit is as’t ware ’n geval van die boef wat sy woef teëgekom het!

’n Videogreep wat deur ’n kringtelevisiekamera geneem is en wys hoe twee bulterriërs ’n skelm verjaag, maak nou opslae op sosiale media nadat die gemeenskapsforum SA Crime Watch dit die afgelope naweek op hul YouTube-kanaal gelaai het.

Daar is binne twee dae meer as 32 000 keer na die video gekyk.

Die videogreep wys hoe ’n man skelm oor ’n huismuur klim en dan die omgewing om hom bespied.

Die twee bulterriërs kom nader gedraf en trek die indringer plat. Met ’n geskop en geslaan probeer die boef die honde van sy lyf wegkeer, maar dit laat hulle nie afskrik nie. Aan die einde van die videogreep kan gesien word hoe die skelm vlug.