Dit was net enkele dae voor Wayne na Johannesburg sou verhuis het. Hy het glo toegang tot die huis verkry en sy vrou as gyselaar aangehou voor hy homself in die kop geskiet het.

“Baie hartseer nuus vandag gekry. My gewese stiefseun, Wayne Westner, is dood. My meegevoel met sy familie; ek dink aan julle,” het sy stiefma, Gill Westner, op Facebook geskryf.

Een van sy vriende en aanhangers het ook sy meegevoel betuig. “Ek is geskok om te hoor van Wayne se dood,” het Chris Scoble geskryf.

“Ons het mekaar in 1979 in die lugmag ontmoet en later weer by Nashua toe hulle sy borg was. Ons het baie lekker saam gholf gespeel. Dis moeilik om te glo hy is weg.”

“Rus in vrede, my liewe Wayne. Jy het voluit geleef. Jy gaan baie gemis word. My hart breek vir ons kinders,” het ’n familielid, Kathy Victor, geskryf.

Die polisie ondersoek nog die voorval.