Thembisile Yende (29), die ma van een kind, het op 17 Mei vanjaar verdwyn. Haar lyk is 10 dae later in haar Eskom-kantoor in Springs gevind nadat werknemers bewus geraak het van ’n slegte reuk.

David Ngwenya (43), ook ’n werknemer van Eskom, het in die hof verskyn op ’n klag van moord met voorbedagte rade.

Kol. Christo Lotz, die ondersoekbeampte, het gesê Ngwenya en twee ander was bekommerd oor wat sou gebeur as 'n beweerde koperdiefstalsindikaat onder die polisie se aandag kom. Yende was glo van plan om Ngwenya se beweerde aktiwiteit te rapporteer.

Volgens Lotz het Ngwenya minstens drie ander mense ingelig oor die moontlikheid dat Yende 'n fluitjieblaser kan wees.

Hy voer aan twee mense buiten Ngwenya was daar toe Yende oor die kop geslaan en vermoor is.

Lotz het voorts getuig Yende is met die een of ander dwelmmiddel ingespuit.

Volgens Lotz is haar liggaam drie dae in ’n pakkamer gelos omdat haar dood soos selfdood moes lyk.

Die lykskouing het egter getoon sy het met haar aanvaller/s baklei, maar is oorweldig.

Lotz het voorts getuig Yende is met die een of ander dwelmmiddel ingespuit wat haar sou verswak. Daarna is sy geneem na die Pieterboth-substasie, waar sy aangerand en vermoor is.

Ngwenya, ’n getroude pa van drie, is Donderdag op Carletonville in hegtenis geneem. Hy is ’n tegnikus by Eskom.

In sy verklaring sê hy: “Ek ontken ten volle dat ek moord gepleeg het en dat ek enige ander vorige oortredings of hangende sake het. Ek werk vir Eskom, is getroud en het drie kinders van 17, 12 en 11 jaar oud.”

’n Getuie het hom tydens ’n uitkenningsparade uitgewys en ook aangedui dat daar ’n romantiese verbinding tussen Ngwenya en Yende was. Die getuie het sedertien weens doodsdreigemente gevlug.

Yende, wat in Desember 2015 by Eskom begin werk het, het voor haar dood kopbeserings en kneusplekke aan haar nek opgedoen. Beeldmateriaal van geslotekringkameras toon hoe sy op die dag van haar verdwyning by haar werkplek aankom, maar die kamera hou daarna op met werk.

Nog oor die aanklag teen Ngwenya

Die staat voer aan 'n aanklag van moord met voorbedagte rade is meer toepaslik as ’n skedule 6-aankla.

Laasgenoemde is wel ’n ernstige oortreding. Sou jy daaronder aangekla word, berus die onus by jou om aan die hof te bewys uitsonderlike omstandighede bestaan dat dit in die belang van geregtigheid is om borgtog toe te staan.

Landdros Cornell Pretorius het Ngwenya se aansoek om borgtog uitgestel.

Bronne: sowetonlive.co.za, webberslaw.com, timeslive.co.za, news24.com