Dié forensiese kenner het van die slagoffers van dié lugramp by ’n lykhuis in Kaïro ondersoek.

Lees ook: Wrakstukke van EgyptAir-straler gevind: Naasbestaandes van passasiers, bemanning ‘ingelig’ Vyf dae nadat die EgyptAir-vlug van radarskerms verdwyn het, is talle vrae nog onbeantwoord. Buiten persoonlike besittings, reddingsbaadjies en vliegtuigsitplekke is daar tot dusver 80 liggaamsdele herwin. Die liggaamsdele is glo kwalik meer as klein stukkies mens. “Daar is nie eers ’n volledige liggaamsdeel, soos ’n arm of ’n kop nie,” het die bron bekend gemaak. “Die logiese afleiding wat gemaak kan word is dat daar ’n ontploffing (aan boord) was.”

Die vlugopnemers, wat hopelik die sleutel tot die waarheid sal wees, is nog nie opgespoor nie. ’n Robotduikboot gaan nou ingespan word om na die vermiste opnemers te soek in ’n wye gebied in die Mediterreense See naby Griekeland.

Daar word vermoed dat die vliegtuig sowat 2500 m tot 3000 m onder die see lê.

Bronne: independent.co.uk, cnn.com, ap.org

Ander stories op Huisgenoot.com

Dié skokoomblikke het sepie-kykers onlangs in hul macaroni en kaas laat stik

Moedelose ma smeek om antwoorde in ’n brief oor haar toesigstryd

Jurie Els vertel van sy groot hartseer ná SA vrou op berg Everest sterf

EKSKLUSIEF: Gospelsanger Stella slaan asems weg met nuwe musiekvideo

‘Ek is klaar met seuns!’: Tiener deel haar skreeusnaakse dagboek van toe sy sewe was